Truss ontmoet wêreldleiers by VN, in poging om deur Oekraïne lewenskostes af te bring

Die Britse premier, Liz Truss, het ander wêreldleiers op die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York ontmoet met die hoop om verdere steun vir Oekraïne te kry, om dus lewenskoste te verlaag. Daar word berig Truss het onderneem Brittanje sal nie energie rantsoeneer nie, maar waarsku die land se veiligheid durf nie in die gedrang kom in ʼn poging om die uitgawes laag te hou nie. Volgens haar steun sy haar voorganger, Boris Johnson, se siening dat ʼn hoër energierekening ter wille van weerstand teen Rusland oor Oekraïne, ‘n prys is wat die moeite werd is om te betaal.