Trump wil nou Mandela wees, beledig hom in 2013

Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump het Nelson Mandela gebruik in kommentaar in verband met die veelvuldige kriminele aanklagte teen hom. Trump het ‘n ondersteuners by ‘n byeenkoms in Derry, New Hampshire toegespreek en gesê hy gee nie om om Nelson Mandela te wees nie, want hy doen dit met ‘n rede. Daar word verneem hy het melding gemaak van moontlike tronkstraf veral omdat sy medebeskuldigdes in van sy sake teen hom draai, skuldig pleit en vir die staat sal getuig. Sy kommentaar het reaksie uitgelok omdat daar in 2020 melding gemaak is van aanmerkings wat hy oor Mandela in2013 gemaak het oor hoe Mandela die land ‘opgeneuk’ het, en dat hy geen leier is nie. Hy het natuurlik nie sulke mooi taal gebruik nie.