Trump wil meer kan sê oor sy 6 Januarie-saakAugust 8, 2023

Oudpresident Donald Trump van Amerika se regspan het minder beperkings voorgestel op die maniere waarop hy in die openbaar bewyse kan deel in verband met sy saak oor inmenging by die verkiesing. Trump is verlede week in ‘n federale hof aangekla oor sy pogings om aan bewind te bly nadat hy die verkiesing verloor het. Sy regspan voer in hofdokumente aan dat die aanklaer se advokate ‘n polities gemotiveerde veldtog voer om sy Eerste Wysigings-regte te beperk. Federale aanklaers voer aan Trump wil die oopleggingsproses misbruik.