Trump waarsku weer ’24 kan laaste Amerikaanse verkiesing wees

Donald Trump het in Wisconsin belowe om ongekende tariewe in te stel en immigrante onder beheer te bring. Hy het in Mosinee, ‘n dorpie van sowat 4 500 mense gepraat en weer herhaal dat immigrante Amerikaners se werk steel en hulle doodmaak. Hy blameer hulle ook vir misdaad. Hy sê verder selfs die Europese Unie sal nuwe handelsbeperkings in die gesig staar. Trump het ook gewaarsku, soos by vorige saamtrekke, dat die 2024-verkiesing die land se laaste kan wees.