Trump vra dat hooggeregshof eers verhoor opskort

Oudpresident Donald Trump van Amerika het die land se hoogste hof gevra om ʼn Appèlhofbeslissing dat hy nie presidensiële immuniteit teen vervolging het nie, op te skort. ʼn Federale groot jurie het verlede jaar vier klagtes teen hom ingedien vir beweerde pogings om die uitslag van die 2020 presidensiële verkiesing om te keer. Trump het onskuldig gepleit en aangevoer hy kan nie aangekla word vir aksies terwyl hy president was nie. Sy prokureurs sê ʼn uitgerekte misdaadverhoor te midde van die verkiesingseisoen sal Trump se vermoë om sy veldtog te voer ernstig belemmer.