Trump voel net mooi niks vir vroue nie

Amerika se visepresident Kamala Harris beskryf oudpresident Donald Trump se onlangse opmerking oor vroue as verregaande en sê hy respekteer nie vroue se vryheid nie. Trump het gesê hy sal vroue in Amerika beskerm of hulle daarvan hou of nie. Harris het by ʼn saamtrek in die swaaistaat Nevada gesê Trump wil ʼn nasionale verbod op aborsies plaas, toegang tot geboortebeperking verminder, in vitro-behandeling in gevaar stel en state dwing om vroue se swangerskappe te monitor.