Trump-veldtog misgis Georgië vir Georgia

In plaas van ʼn advertensie oor die Amerikaanse staat Georgia, het Donald Trump se veldtog ʼn foto van die land Georgië gebruik. Iemand in die Trump-span het dié land in Oos-Europa met die staat met dieselfde naam verwar. Die Shutterstock-foto wat in die advertensie gebruik is, wys die Kaukasus-bergreeks in die noordweste van Georgië. Die advertensie was daarop gemik om inwoners van Georgia aan te moedig om in die November-verkiesing te stem. Die land Georgië is ʼn klein, onafhanklike republiek langs die Swartsee tussen Rusland en Turkye.