Trump vat tweede swaaistaat, loop ver voor

Die Republikeinse kandidaat Donald Trump het pas sy tweede van sewe swaaistate ingepalm volgens CNN. Noord Carolina en Georgia is nou in sy hande wat hom 246 kieskollege-stemme gee teenoor Demokraat Kamala Harris se 187. Daar is nog vyf swaaistate oor en CNN sê dit is te vroeg om enige voorspellings vir ‘n oorwinning te maak. Ontleders sê mans het na vore getree in die verkiesing en Harris het nie so goed gedoen met die sogenaamde Latino-stem soos verwag nie. Harris moet Pennsilvanië wen om in die wedloop te bly en Trump loop steeds daar voor.