Trump val weer regter, aanklaer in New York-saak aan

Republikeinse presidentskandidaat Donald Trump het weer die regter en aanklaer in sy New York-kriminele verhoor aangeval. Hy het by ‘n verkiesing-saamtrek in New Jersey die distriksprokureur Alvin Bragg se voorkoms bespot en gesê die verskillende aanklagte wat hy in die gesig staar, is politieke vervolging. “Vet Alvin, korrupte ou,” het Trump gesê, wat teregstaan op klagte dat hy sakerekords vervals het om ’n stilbly-betaling aan ’n pornoster te verdoesel voor die 2016 presidensiële verkiesing. Trump het ook die verhoorregter, regter Juan Merchan, en Bragg daarvan beskuldig dat hulle in opdrag van president Joe Biden werk – ‘n bewering waarvoor daar geen bewyse is nie.