Trump V Biden: Nuwe reëls vir debat

Met minder as twee weke oor voor die eerste Amerikaanse presidensiële debat van die 2024-verkiesing, het CNN bykomende besonderhede gegee oor die riglyne waaroor die Trump- en Biden-veldtogte ooreenstem. Die debat van 90-minute op 27 Junie is die eerste direkte konfrontasie tussen president Joe Biden en sy voorganger, voormalige president Donald Trump. Daar sal nie ‘n gehoor in die ateljee wees nie, en geen hulpmiddels of voorafgeskrewe aantekeninge op die verhoog nie. Mikrofone sal afgeskakel wees, behalwe vir die kandidaat wie se beurt dit is om te praat.