Trump stel Tom Homan aan as grens-tsaar
Verkose Amerikaanse president Donald Trump se nuutaangestelde “grens-tsaar”, Tom Homan, sê sy boodskap aan Demokratiese wetgewers wat Trump se massadeportasieplanne wil weerstaan, is om “die hel uit die pad te bly”. Homan het op Fox News verskyn en gesê die werk sal gedoen word. Hy het reageer op berigte dat Demokratiese leiers in sommige stede en state gereed maak om gebiede te skep wat bekend staan as toevlugstede. Dit is ‘n soortgelyke taktiek wat Demokrate tydens Trump se eerste termyn gebruik het. Homan het gesê hulle kom, verwysende na die nuwe regering.