Trump skuldig aan minagting, reuse-boete ontvang
Oudpresident Donald Trump van Amerika is deur ‘n regter van minagting beskuldig omdat hy nie sakerekords aan New York se prokureur-generaal, Letitia James, oorhandig het nie. Dit volg nadat hy ‘n dagvaardiging se sperdatum in Maart misgeloop het waarop hy die dokumente by James moes indien. Sy is besig met ‘n burgerlike ondersoek na Trump se sakepraktyke. Die gewese president se prokureur het die mosie as onbenullig beskryf. Trump word met 157 000 Namibiese dollar per dag beboet totdat hy aan die eis voldoen.