Trump-skietery: Geen motief van 20-jarige skieter bekend nie, sê FBI
Die FBI en die polisie van Pennsilvanië het ‘n perskonferensie gehou na die sluipmoordaanval op oudpresident Donald Trump. Die skieter is die 20-jarige Thomas Matthew Crooks van Bethelpark in Pennsilvanië geïdentifiseer. Kevin Rojek, spesiale agent in beheer van die FBI Pittsburgh-kantoor, sê hulle is nie bereid om die wapen wat hy gebruik het identifiseer nie en sê die motief is nie bekend nie. Die aanval het in Butler in die deelstaat plaasgevind en een manlike Trump-ondersteuner is dood met twee mans ernstig beseer. President Joe Biden het met Trump telefonies gesels en het ook die media toegespreek.