Trump sê wat verwag is: Heksejag, fopklagtes, politieke motivering

Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump sê die enigste misdaad wat hy gepleeg het, is om Amerika vreesloos te verdedig teen diegene wat die land wil vernietig. Hy het in ‘n hof in Manhattan onskuldig gepleit op 34 aanklagte rakende die vervalsing van sakerekords. Aanklaers beweer die voormalige president het probeer om die integriteit van die 2016-verkiesing te ondermyn en was deel van ‘n onwettige plan om negatiewe inligting te onderdruk. Trump het ondersteuners op sy Mar-a-Lago-landgoed in Florida toegespreek en gesê die aanklagte teen hom is polities gemotiveerd: