Trump sê sy New York-saamtrek was liefdesfees
Beide Donald Trump en Kamala Harris het die laaste week van hul presidensiële veldtogte begin voor die Amerikaanse verkiesing komende Dinsdag. Trump verwerp die etiket dat hy ʼn fascis is en het aan ondersteuners in Georgia gesê hy is die teenoorgestelde van ʼn Nazi. Volgens berigte werk Trump se span daaraan om hom te distansieer van die opmerkings oor Puerto Rico wat Sondag tydens sy saamtrek by Madison Square Garden gemaak is. Harris het tydens ‘n CNN-stadsaalvergadering gesê sy dink Trump is ‘n fascis. Trump het by ‘n nuuskonferensie in sy Mar-a-Lago woning in Florida gesê die omstrede Madison Square Garden-saamtrek was ‘n “liefdesfees”.