Trump se regspan wil met Garland vergader
Die regspan van die gewese Amerikaanse President Donald Trump het ‘n vergadering met die prokureur-generaal, Merrick Garland, versoek om die sogenaamde voortdurende onreg deur die aanklaer in die saak, Jack Smith, te bespreek. Smith moes vasstel of Trump ná afloop van sy ampstermyn geklassifiseerde dokumente onregmatig uit die Withuis na sy huis, Mar-a-Lago, in Florida geneem het. Hy moet voorts bepaal of Trump opsetlik probeer verhoed het dat die regering die dokumente terugkry. Sy regspan glo hy word onregverdig behandel.