“Trump se realiteit verskil van ons s’n”

Die bekende Amerikaanse joernalis en outeur Michael Wolff sê oudpresident Donald Trump se realiteit verskil van die res van ons se realiteit. Dit volg nadat hy blykbaar aan sy personeel gesê het 10 000 mense sal teenwoordig wees om hom by die Trump Tower in New York te verwelkom wanneer hy daar aankom om formeel vandag aangekla te word.

Daar was minder as ‘n handvol mense en nee, Wolff meen dit sal nie vir Trump in die verleentheid laat nie.