Trump se prokureur sal alles in die stryd werp

Donald Trump se prokureur, Joe Tacopina, sê enige aanklagte teen die oudpresident sal met hand en tand beveg word. ‘n New Yorkse groot jurie het verlede week gestem om Trump aan te kla. Dit gaan oor sy vermeende rol in die betaling van die pornoster Stormy Daniels, om haar stilswye te koop tydens sy presidensiële veldtog van 2016. Trump sal na verwagting vandag na New York vlieg ter voorbereiding van môre se aanklag teen hom. Tacopina het aan Amerikaanse media gesê hulle sal waarskynlik ‘n mosie indien dat die klagte teen Trump laat vaar word voor ‘n moontlike verhoor plaasvind: