Trump sê nee vir tweede debat met Harris

Donald Trump het ‘n tweede debat met vise-president Kamala Harris van die hand gewys. Dit kom na CNN die twee kandidate genooi het om op 23 Oktober te verskyn. Harris se veldtog het ingestem en sê Trump behoort geen probleem te hê om tot die debat in te stem nie. Trump het by sy vorige standpunt gehou dat hy nie weer sal deelneem nie. Hy sê dis te laat. Harris en Trump het op 10 September vir die eerste keer gedebatteer en meningspeilings toon het dat sy gewen het.