Trump sê hy’s gered deur “geluk of God”

Donald Trump het in een van sy eerste onderhoude na ‘n gepoogde sluipmoord aan konserwatiewe Amerikaanse media gesê hy is gered “deur geluk of deur God”. Hy het gepraat net voor sy vlug na die komende Republikeinse nasionale konvensie in Wisconsin. Trump sê sy toespraak gaan anders wees as wat hy beplan het aangesien hy nou die geleentheid het om die land te verenig. ‘n Omstander is tydens die voorval dood terwyl twee ander mense ernstig beseer is. Die skieter, wat ook dood is, was Tomas Matthew Crooks.