Trump se eks-beeldpoetser verwag moeilike kruisondervraging

Die beeldpoetser en nou teenstander van die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, kan baie moeilike kruisondervraging verwag van Trump se regsverteenwoordigers. Dit volg na Michael Cohen se getuienis dat Trump deel was van ‘n swyggeld-skema wat glo enige storie moes kelder wat sy verkiesingsveldtog in 2016 kon benadeel. Volgens Cohen was Trump deel van die skema en hy sou geld aan die prokureur terugbetaal, wat hy voorgeskiet het. Hy is deurgaans op die hoogte gehou van alles agter die skerms om stories te onderduk wat sy veldtog kon benadeel.