Trump se benoemdes kry doodsdreigemente

Talle van verkose president Donald Trump se benoemdes vir administratiewe en kabinetsposte word geteister. Dit sluit bomdreigemente in en in sommige gevalle word fop-oproepe gemaak om die polisie na die slagoffer se huis te lok. Van die individue wat deurgeloop het, is Trump se keuse vir Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Elise Stefanik, en die benoeming vir minister van Handel, Howard Lutnick. Die woordvoerder van Trump se oorgangspan, Karoline Leavitt, sê gevaarlike voorvalle van intimidasie en geweld gaan hulle nie afskrik nie.