Trump sê aan Zelensky hy kan oorlog gou stopsit

Donald Trump en Oekraïense president Volodymyr Zelensky het in New York ontmoet waarin die Oekraïense leier gehoop het om bande met die voormalige Amerikaanse president te herstel. Die ontmoeting was te midde van ‘n groeiende vete tussen Zelensky en Republikeine, en die Oekraïne vrees dit kan verdere Amerikaanse militêre hulp saboteer as Trump in November wen. Trump het by ‘n gesamentlike pers-geleentheid gesê hy kan die oorlog met Rusland gou stopsit as hy die presidentsverkiesing wen.