Trump pleit onskuldig in Georgia

Die voormalige Amerikaanse President Donald Trump het onskuldig gepleit op aanklagte dat hy ‘n strafregtelike sameswering gelei het om sy nederlaag in die 2020-verkiesing in Georgia om te keer. Hy het afstand gedoen van sy reg om in persoon in die hof te verskyn, wat beteken dat hy die verhoor van die 18 verdagtes wat aangekla word, volgende week in Atlanta gaan misloop. Dertien van die 41 aanklagte op die klagstaat is teen Trump en beskuldig hom dat hy strafregtelik opgetree het. Dit is die vierde keer dat Trump onskuldig pleit op strafregtelike aanklagte sedert hy die Withuis verlaat het.