Trump op borgtog van N$3,76 miljoen vrygelaat

Die Amerikaanse oudpresident Donald Trump het homself Donderdag formeel by die Fulton-distriksgevangenis in Georgia oorgegee op aanklagte wat voortspruit uit sy pogings om die 2020-verkiesingsuitslae in die staat om te keer. Hy is gearresteer met sy gesigfoto wat later deur die owerhede vrygestel is. Trump ontken al 13 aanklagte, insluitend rampokkery, en is op borgtog van 3,76 miljoen Namibiese dollar vrygelaat. Fulton se distriksprokureur, Fani Willis, vra dat die verhoor van al 19 beskuldigdes in die saak op 23 Oktober begin, maar Trump staan dit teen.