Trump ontevrede oor New Yorkse regter

Aanklaers in New York berei voor vir oudpresident Donald Trump se inhegtenisname volgende Dinsdag, nadat hy die eerste Amerikaanse President geword het wat van ’n misdaad aangekla is. Dit volg op aanklagte teen die 76-jarige Trump nadat die jurie in Manhattan ten gunste van sy vervolging gestem het weens die beweerde betaling van swyggeld aan die porno-aktrise Stormy Daniels in 2016 tydens sy ampstermyn. Trump se prokureur, Joe Tacopina, het aan internasionale media gesê sy kliënt sal nie geboei word vir sy eerste hofverskyning nie. Trump is ook ontevrede oor die New Yorkse regter Juan Merchan wat vir die saak aangestel is en hom glo haat.