Trump-ondersoek in New York – 15 klagte

Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump se maatskappy, die Trump Organisasie, en sy finansiële hoof, Allen Weisselberg, is aangekla van belastingmisdade. Die klagstaat teen Weisselberg en die Trump Organisasie bevat 15 aanklagte van pogings tot bedrog, grootskaalse diefstal, kriminele belastingbedrog en die vervalsing van sakerekords. Die maatskappy en Weisselberg het onskuldig gepleit. Die Trump Organisasie sê dit is nie geregtigheid nie, maar politiekery en Weisselberg word deur Manhattan se distriksprokureur as ‘n pion gebruik om die voormalige president skade te berokken.