Trump noem regter ‘boos’ na vrystelling van dokumente

Donald Trump het ‘n regter boos genoem nadat sy meer as 1 800 bladsye se getuienis vrygestel het in die spesiale regsraadgewer Jack Smith se verkiesingsamesweringsaak teen hom. Trump sê die Distrikshofregter Tanya Chutkan se verwerping van sy aansoek om die vrystelling van nuwe bewyse te vertraag tot na die verkiesing kom neer op inmenging. Sy meen om die dokumente geheim te hou kan ook beskou word as inmenging. Die aanklag gaan oor die 6 Januarie 2021-opstand by die Capitol en beskuldig Trump van ‘n onwettige sameswering om sy nederlaag in die verkiesing om te keer.