Trump moet steeds swyg – regter
‘n New Yorkse Appèlhof het die voormalige president Donald Trump se aansoek geweier om die swygbevel in sy swyggeld-strafsaak ter syde te stel. Hy is in Mei skuldig bevind aan 34 oortredings wat voortspruit uit die betaling van swyggeld aan die voormalige ster van volwasse rolprente, Stormy Daniels. Trump se regsverteenwoordigers het voorheen aangevoer die swygbevel skend die voormalige president se konstitusionele reg tot vryheid van spraak. Die bevel beteken Trump mag nie in die openbaar kommentaar oor individuele aanklaers en andere in die saak lewer tot hy op 18 September gevonnis word nie.