Trump moet getuig oor Stormy Daniels

Die gewese Amerikaanse president, Donald Trump, is volgens berigte gevra om volgende week voor ‘n groot jurie in New York te getuig. Dit is deel van ‘n ondersoek na die betaling van sogenaamde swyggeld aan die akteur en vervaardiger van porno-flieks, Stormy Daniels, tydens sy veldtog vir die presidentsverkiesing in 2016. Die groot jurie van New York het ondersoek ingestel na Trump se betrokkenheid by ‘n betaling van 2,41 miljoen Namibiese dollar aan Daniels, om te verhoed dat sy praat oor ‘n beweerde romantiese ontmoeting met die gewese Republikeinse president. Aanklaers het aangedui dat Trump moontlik strafregtelik aangekla kan word.