Trump maak skoonskip met 312

Donald Trump het Arizona en Nevada gewen en dus al sewe swaaistate ingepalm. Trump het 312 kieskollege stemme gekry teenoor Kamala Harris se 226. In 2020 het Joe Biden Trump verslaan deur ses van die sewe swaaistate te wen – en Noord-Carolina net-net te verloor en 306 kieskollege teenoor Trump se 232 gekry. Die Associated Press sê Trump het 74,6 miljoen stemme landwyd gewen, of 50,5 persent, teenoor Harris se 70,9 miljoen, of 48 persent.