Trump maak geskiedenis met swyggeld-saak wat vandag begin

Oudpresident Donald Trump, se swyggeld-verhoor begin vandag in New York met die aanwysing van die jurie. Hy staan tereg op 34 aanklagte van vervalsing van sy sakerekords om ‘n swyggeld-betaling te verdoesel wat kort voor die 2016-verkiesing aan die voormalige seks-ster, Stormy Daniels, gemaak is. Trump, die eerste voormalige Amerikaanse president wat in ‘n strafsaak teregstaan, het onskuldig gepleit. Indien die 77-jarige skuldig bevind word, staar hy ‘n maksimum van vier jaar tronkstraf óf ‘n groot boete in die gesig.