Trump maak betaling in New York-saak
Voormalige Amerikaanse president Donald Trump het borg van 3,3-miljard-rand in sy New Yorkse siviele bedrogsaak betaal, wat die beslaglegging op sy bates deur staatsowerhede verhoed. Hy moes oorspronklik sowat 8,6-miljard-rand betaal, maar ‘n Appèlhof het beslis dat hy die kleiner bedrag binne tien dae kan betaal. Trump en topbestuurders by sy maatskappy, insluitend sy twee ouer seuns, word daarvan beskuldig dat hulle jare lank banke en versekeraars mislei het deur hul rykdom te oordryf op finansiële state om lenings te verseker en transaksies te doen. Hy ontken skuld.