Trump-jurie begin beraadslaag

Die 12 jurielede in Donald Trump se swyggeld-verhoor het begin om te beraadslaag. Die voormalige Amerikaanse president staan tereg op 34 aanklagte dat hy voor die 2016-verkiesing sakerekords vervals het om swyggeld aan ʼn gewese porno-ster, Stormy Daniels, te betaal. ʼn New Yorkse hof het oor ʼn tydperk van ses weke 22 getuies aangehoor wat Daniels en Trump se destydse prokureur, Michael Cohen, insluit. Die sewe mans en vyf vroue in die jurie se besluit moet eenparig wees. Trump pleit onskuldig op alle aanklagte.