Trump Junior kasty media by Arizona-saamtrek

Donald Trump Junior het die media aangeval op ‘n Republikeinse veldtogbyeenkoms in Arizona. Hy en JD Vance het ondersteuners toegespreek by ‘n wapenvervaardiger in Scottsdale, waar die seun van die voormalige president die pers “full-on propaganda” genoem het. Hy sê hoe erg mense ookal die media verag, is dit nie genoeg nie. Donald Trump het aangekondig hy het CBS Donderdag gedagvaar en beweer die netwerk se redigering van ‘n onlangse 60 Minutes-onderhoud met Kamala Harris was “bedrieglik”. Die netwerk sê Trump se aanspraak is “heeltemal sonder meriete.”