Trump is gunsteling vir New Hampshire

Oudpresident Donald Trump is blykbaar die gunsteling om môre die Republikeinse presidensiële voorverkiesing in New Hampshire te wen ná sy oortuigende sege verlede week in die Iowa-koukusse. ʼn Nuwe CNN-peiling deur die Universiteit van New Hampshire toon Trump het 50 persent steun onder moontlike Republikeinse kiesers in die staat terwyl sy naaste teenstander, die voormalige goewerneur van Suid-Carolina, Nikki Haley, 39 persent het. Trump het nou vir sy herverkiesing die ondersteuning van 26 Republikeinse senators.