Trump-hulle val Cohen se geloofwaardigheid aan
Donald Trump se regspan beskuldig sy voormalige prokureur, Michael Cohen, dat hy ʼn persoonlike vendetta teen hom het. Cohen het vir die tweede dag in Trump se swyggeld-saak in New York getuig. Hy het erken hy het vals fakture ingedien vir regsdienste wat inderwaarheid vergoeding was vir geld wat hy namens Trump aan die gewese porno-ster, Stormy Daniels, betaal het. Die oudpresident staar 34 aanklagte van sakebedrog in die gesig omdat hy die terugbetaling aan Cohen as regsuitgawes voorgehou het.