Trump het Europese vredesplan… 

Twee adviseurs van Donald Trump het aan hom ’n plan voorgelê om Rusland se oorlog in die Oekraïne te beëindig – as hy die presidensiële verkiesing op 5 November wen. Die plan behels dat aan Oekraïne gesê word hy sal net meer Amerikaanse wapens kry as hy vredesonderhandelinge met Rusland betree. Die VSA sal terselfdertyd Moskou waarsku dat enige weiering om te onderhandel sal lei tot verhoogde Amerikaanse steun vir die Oekraïne. Reuters sê die afgetrede luitenant-generaal Keith Kellogg het eksklusief met die agentskap gepraat.