Trump gekap oor onakkuraathede in toespraak
Dit was Saterdag storietyd saam met oudpresident Donald Trump by ‘n saamtrek in Wildwood, New Jersey. Trump het ‘n groot menigte ondersteuners vir byna ‘n uur en ‘n half toegespreek, in ‘n onsamehangende toespraak vol ongestaafde bewerings. Hy het onder meer beweer Bruce Springsteen, ‘n baie openbare bondgenoot van president Joe Biden, het “eintlik” vir hom gestem. Trump het verder onakkuraathede oor Biden, immigrante, die ekonomie en meer herhaal, waarvoor hy in Amerikaanse media soos CNN gekap is. Maar luister self.