Trump dagvaar sy voormalige prokureur vir skadevergoeding

Oudpresident Donald Trump van Amerika dagvaar sy voormalige prokureur Michael Cohen vir skadevergoeding van 9,19 miljard Namibiese dollar omdat hy na bewering sy kontrak verbreek het. In die saak wat by ‘n federale hof in Florida aanhangig gemaak is, word Cohen onder andere beskuldig van onbehoorlike, selfdienende en kwaadwillige verklarings oor Trump, sy familie en sy sakeondernemings. Cohen se prokureur, Lanny Davis, sê in reaksie daarop Trump gebruik en misbruik weer eens die regstelsel om sy kliënt te teister en te intimideer.