Trump dagvaar CBS-netwerk oor Harris-onderhoud

Die Amerikaanse presidensiële kandidaat Donald Trump het CBS News gedagvaar oor ‘n onderhoud met vise-president Kamala Harris op die program 60 Minutes. Hy eis 10-miljard Amerikaanse dollar by die netwerk, en beweer daar is aan die onderhoud gepeuter. Dit is ten spyte van CBS se verduideliking oor waarom twee snitte met verskillende antwoorde uitgesaai is. Trump het tydens ‘n saamtrek in Nevada gesê hulle sal toegesluit moet word ná wat hy ‘n misleidende onderhoud met sy mededinger noem. Die saak is in ‘n hof in Texas aanhangig gemaak.