Trump beraam plan om justisie se onafhanklikheid te beperk

Reuters berig dat van Donald Trump se bondgenote besig is om voorstelle saam te stel om die departement van justisie se onafhanklikheid te beperk en dit bemagtig om die koserwatiewe agenda te bevorder. Sou dit suksesvol wees, kan dit een van die grootste aksies van ‘n tweede Trump-presidentskap verteenwoordig, gegewe die departement van justisie se rol in die beskerming van demokratiese instellings en die handhawing van die oppergesag van die reg. Trump, wat deur die departement van justisie op tientalle kriminele aanklagte aangekla is, het reeds beloof om die agentskap op te knap as hy die presidensiële verkiesing op 5 November wen.