Trump: Barr sê daar is groot geduld oor dokumente getoon

Oudpresident Donald Trump sal na verwagting môremiddag in ‘n hof in Miami verskyn in verband met 37 klagte wat teen hom gebring is oor geklassifiseerde dokument. ‘n Aanklag wat Vrydag gelê is, beweer dat hy ‘n aanvalsplan deur die Pentagon beskryf en ‘n geklassifiseerde kaart gedeel het wat verband hou met ‘n militêre operasie. Hy het ook blykbaar dokumente oor die VSA se kernprogram in besit gehad. Die oud prokureur-generaal William Barr het aan Fox News gesê die departement van justisie was uiters geduldig met Trump.