Trump aan die bek geruk…

Die boedel van die wyle Ierse sanger en liedjieskrywer Sinéad O’Connor het die voormalige Amerikaanse president Donald Trump gevra om nie haar musiek te gebruik in sy herverkiesingsveldtog nie. Hy het verlede maand haar treffer Nothing Compares to You op ‘n saamtrek in Maryland gebruik. ‘n Woordvoerder het aan BBC News gesê dit is nie ‘n oordrywing nie om te sê O’Connor sou gewalg, seergemaak en beledig gevoel het om haar werk op so ‘n manier te sien misbruik word deur iemand wat sy beskryf het as ‘n ‘Bybelse duiwel’. Sy is verlede jaar op 56 oorlede.

Foto: Getty Images