Trudeau looi Facebook tydens brande

Kanadese premier Justin Trudeau beskuldig Facebook daarvan dat hy winste bo mense se veiligheid plaas tydens die land se rekord-brandseisoen. Meta het vroeër aangekondig dat hy sy verbod op nuusinhoud uit Kanada op sy platforms sal hou as gevolg van ‘n nuwe wet wat vereis dat uitgewers moet betaal vir aanlyndienste. Die land gaan gebuk onder erge brande, veral in die Weste met 30 000 mense wat reeds ontruim is en Trudeau sê inligting is nou, meer as ooit, uiters belangrik.