Troy-skieter Willem Goosen krimineel aangekla, ook poging tot moord

Kriminele klagte is teen die Grootfontein-boer Willem Goosen aanhangig gemaak. Daar is tien in totaal met twee wat poging tot moord insluit. Die sake spruit uit die skietvoorval middel April op Goosen se plaas waar die Belgiese Malinois Troy twee keer geskiet is. Hy en sy hanteerder het spoorgesny na ‘n voorval van diefstal. Die polisie ondersoek tans die sake, soos Troy se eienaar Chere van der Merwe eksklusief aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.