Troy se herstel, ondersoek na kriminele sake vorder albei goed

Die eienaars van die Belgiese Malinois Troy, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy vordering na hy sy been verloor het tydens ‘n skietvoorval op 15 April by Grootfontein vanjaar. Kriminele klagte is in Mei teen die boer wat hom geskiet het, Willem Goosen, gemaak. Cheré van der Merwe sê Troy se herstel vorder goed en so ook die kriminele ondersoek.

Daar is ‘n fondsinsameling wat op die oomblik plaasvind vir ‘n prostese vir Troy.