Tropiese vleilande stel ongekende vlakke van metaan vry
Volgens nuwe navorsing stel tropiese vleilande ongekende vlakke van metaangas vry wat wêreldwye pogings bedreig om klimaatsverandering die hoof te bied. Metaan is ‘n kragtige kweekhuisgas en 80 keer meer doeltreffend as koolstofdioksied om hitte oor 20 jaar vas te vang. Studies skryf die skerp styging toe aan tropiese streke met die Kongo, Suidoos-Asië, die Amasone en die suide van Brasilië as die groot bydraers. Ondanks globale beloftes om metaangas met 30-persent van sy 2020-vlak teen 2030 te verminder, is die vrystellings van fossielbrandstowwe steeds te hoog.