Tropiese storm in Madagascar, blou lug bo Namibië

Tropiese storm Alvaro het op 31 Desember in die Mosambiekse-kanaal gevorm. Die storm beweeg ooswaarts na Madagaskar en sal vroeg môre die suidwestelike deel die land bereik. Die tipe storms oor Madagaskar het ‘n tendens om droë toestande oor Namibië te behou maar, voorspellings is dat die storm redelik swak is en reeds môreaand sal begin verswak tot dit op 5 Januarie heeltemal verby sal wees. Swaar reënval en winde van ongeveer 65 kilometer per uur word verwag. Voorspellings vir reën in Namibië vir die eerste twee weke van die maand vertoon redelik goed, veral vir die sentrale en oostelike dele.