Trop olifante ontsnap na grensdraad-diefstal

Amptenare van die KwaZulu-Natalse Natuurbewaringsraad, nou bekend as Ezemvelo Kwa-Zulu Natal Wildlife, probeer ‘n trop olifante terugvind wat uit die Hluhluwe iMfolozi-park ontsnap het, en wat kommer wek oor gemeenskapsveiligheid. Die woordvoerder van Ezemvelo, Musa Mntambo, sê olifante is naby die Ithala-wildreservaat opgemerk. ’n Grensdraad is gesteel, wat die diere die kans gebied het om deur die Phongolorivier- en KwaBanakile-gebied te ontsnap. KZN Natuurbewaringsdienste se raadsvoorsitter, Lydia Johnson, waarsku dat diegene wat aanspreeklik is vir grensdraad-diefstal gemeenskappe in gevaar stel vir aanvalle deur wilde diere.